Liewe Pasella-kykers.
Die program word op Woensdag 1 Februarie, om 17h30 op
SABC2 uitgesaai weens die uitsending van 'n sokkerwedstryd
later die aand. » Onthou om dus om 17h30 in te skakel!
Een van die gemaklike stappies op Tafelberg is die “Dassie-
stappie” en ons ontmoet die diertjies en gesels oor die
imposante berg.
» Irshaad was daar.
Die animasiekarakter Moemin herleef in boekvorm en ons
gebruik dit as inspirasie vir 'n skattejagpartytjie gereël deur die
Aleit Groep.
» Vicky speel saam.
Die clematis is 'n plant wat menige tuinier begeer – maar hy is
'n moeilike kalant en redelik duur, so dikwels is mense
huiwerig om dit te koop. Willie het raad » Lees meer hier