|
|
Stuur jou resep
|
Hierdie is jou kans om 'n regte egte bekende kospersoonlikheid te word! Stuur vir ons 'n oorspronklike resep en staan die kans om dit dalk op Pasella te maak. Onthou dit moet nie sjefskeppings wees nie, maar lekkereetdisse in jou persoonlike styl!
Elke week kies ons beoordelaars een gelukkige deelnemer om sy of haar resep vir ons op Pasella te maak. Na 24 weke sal ons kykers die geleentheid kry om vir hul gunstelling tuiskokdeelnemer via SMS te stem. Die 12 deelnemers met die meeste stemme sal elk 'n R3 000 Woolworths-geskenkbewys wen.
Vanuit die top 12 tuiskokke sal kykers weereens die geleentheid kry om vir die top 6 finaliste te stem, wat dan sal mee ding vir die groot prys van 'n R20 000 Woolworths-geskenkbewys tydens 'n kookkompetisie op Pasella. Die algehele wenner sal ook die kans kry om 6 addisionele disse op Pasella te maak.
Hoe gemaak om deel te neem?
- Plaas jou oorspronklike resep by ons Kykersresep-inskrywingsblad. Onthou om eers te registreer indien jy nog nie het nie en maak seker dat jy die korrekte eposadres invul sodat ons jou kan kontak.
- Fotos: een of twee van die finale gereg soos jy dit sal bedien en een van jouself (foto's hoef nie profesioneel te wees nie).
- By die resepdetail verlang ons 'n kort paragrafie oor die ontwikkeling of agtergrond van die resep, gevolg met die bestanddele en metode.
- Nadat jy jou resep ingedien het, sal ons jou per epos meer inligting oor jou kosfilosofie inwin, sodat 'n ingeligte beslissing gemaak kan word.
- Alternatief, stuur jou resep en fotos na mandie@pasella.com.
Reëls:
- Hierdie is 'n tuiskokkompetisie, dus mag deelnemers geen professionele opleiding hê nie en ook nie in 'n professionele hoedanigheid in die kosbedryf werk nie.
- Inskrywings is nie beperk nie, maar alle resepte wat ingedien word MOET oorspronklik wees of anders wyd aangepas wees op die basiese resep.
- Deelnemers moet Afrikaans magtig wees.
- Hierdie kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaners behalwe direkteure, lede, vennote, werknemers, agente, diensteverskaffers en konsultante van die SABC of Woolworths. Asook enige SABC of Woolworths werknemers insluitend agentskappe, UIP en/of eggenote, lewensmaats, ouers, kinders, broers, sisters, besigheidsvennote of geassosieerdes.
- Wenners moet beskikbaar wees vir programopnames.
- Beoordeelaars se beslissing is finaal.
|
|
|
|
|
|