|
|
|
Tydens Pasella se kuier by Groblersdal in Mpumalanga het Ester Bouwer, eienaar van Die Guinea Feather lodge, haar liefde vir die omgewing se vars produkte gewys deur hierdie dis voor te berei.
(Maak 4)
250 g hoenderlewers 2 takkies vars tiemie suurlemoensap, na smaak 250 g repiesspek 2 hoenderfillete, in blokkies gesny 2 lemoene, in skywe gesny 1 ui, in blokkies gesny 1 groen- en rooi soetrissie, in blokkies gesny
Bedruipsous 1 k worcestersous 1 k tamatiesous 25 g BBQ speserye 1 e gedroogde oreganum 1 t gekapte knoffel 1 t mostert ¼ k sjerrie 2 e suurlemoensap ½ t swartpeper 1 e aromat ½ k olie
Geur hoenderlewers met vars tiemie en suurlemoensap en braai in olie tot gaar. Draai stukkies gaar lewer in spekstrokies toe. Ryg die toegedraaide lewertjies en hoender afwisselend met die lemoenskyfie, ui en soetrissies op kebabstokkies.
Voeg al die sousbestanddele saam. Braai die kebabs op die kole en bedruip met die sous.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
|