Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 
tertjie-5
tertjie-1
tertjie-2
tertjie-4
Vir sjef Davion Vijgen van die Aleit-groep mag kook dalk kinderspeletjies wees, maar vir ons Pasella-partytjie waar ons die kind binne jouself vind, moes sy behoorlik uithaal en wys om van kinderkos koningskos te maak. Kersie en toffies is ? tipiese lekkerny by kinderpartytjies maar Davion het ? gourmetvariasie vir volwassenes gemaak.

(Bedien 4)
 
 4 k vars of gevriesde kersies
1 k wit suiker
4 e Maizena
¼ e amandelekstrak
250 g brosdeeg
1 eier, geklits

Toffiesous
100 g bruinsuiker
100 ml water
200 ml room
 
Verhit die kersies oor matige hitte in ? pan – hou die deksel op. Wanneer die kersies heelwat sap verloor het, verwyder van hitte. Meng die suiker en maizena saam, voeg dit by die warm kersies en meng goed. Meng die amandelekstrak by. Plaas die mengsel weer oor ? lae hitte tot dit verdik, roer gedurig. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

Rol die broskorsdeeg effens uit en sny sirkels uit wat effens groter is as die mini-tertbakkies waarin dit gebak gaan word (jy kan ook een groot tert maak). Plaas die deegsirkels in die tertbakkies en druk in die hoeke vas. Maak seker dit bedek die kante. Vul die tertjie met bakpapier en gooi droëbone of –erte oor om die deeg ‘blind’ te bak. Bak die tertjiedoppies 8 minute teen 180?C. tot gaar en goudbruin. Laat effens afkoel en gooi die afgekoelde kersiemengsel in die kors. Sny lang stukkies deeg uit en plaas hulle op die tert om te versier. Verf met die eier en bak weer 5-8 minute tot bruin.

Toffiesous: verhit die suiker en water in ? pan tot karamel. Roer die room by. Bedien saam met die tertjies.
Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Fusia Web Services