SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 
platsakwenke-01
platsakwenke-09
platsakwenke-05
platsakwenke-04
platsakwenke-021
platsakwenke-023
Al gaan dit broekskeur, kan jy nog lekker leef. Platsakwenke is 'n oulike boekie deur Carla van der Spuy, wat jou wys hoe jy met 'n beperkte begroting uithalermaaltye, platsakvakansies en vele meer kan bekostig. Hierdie boekie is beskikbaar deur Lapa Uitgewers by lapa@lapa.co.za  Hier is 'n paar van haar oulike wenke:

 

Spaar 'n paar sente in en om die huis:

 

Staalwol

Om staalwol langer te laat hou, kan jy dit in 'n lugdigte houer met water en 'n paar suurlemoensapdruppels bre. Gebruik daarna die halwe suurlemoen om skurwe elmbo die trekpas te gee.

 

Seep

Om seep langer te laat hou, kan jy 'n ou plastiekdoppie in die onderkant van die seep druk, sodat die seep nie afloop nie. Boonop hou dit jou wasbak mooi skoon. Nog 'n oulike idee is om klein stukkies oorskietseep binne-in 'n sponsie te druk sodat niks gemors word nie. Maak 'n gleufie in die sponsie en plaas dan die orige stukkies seep binnein voeg net water by en kyk hoe baie skuim is nog daarin!

 

Vuil potte

Skuur die onderkante van kombuispotte skoon met 'n paar druppels suurlemoensap en 'n ou sigaretdosie. Of jy kan selfs eierdoppe fynmaal en dan 'n paar suurlemoensapdruppels daarby voeg. Skuur die mengsel op die onderkant van die pot met 'n sponsie om dit skoon te maak.

 

Brons en silwer items

Vryf brons of silwer items weer silwerskoon met behulp van 'n gewone uitver.

 

Gekrapte glas

Skuur krapmerke op glasitems weg met behulp van skuurpapier eksperimenteer met verskillende tipes papier tot jy die verlangde resultate kry.

 

Reukweermiddel

Neem ongeveer 600ml warm water en voeg twee lepeltjies aluin in. Aluin maak die sweetgaatjies toe en werk dus soos 'n reukweermiddel. Voeg dan 'n paar druppeltjies van jou gunsteling parfuum by en meng goed. Laat die mengsel afkoel en gooi in 'n aanspuitbotteltjie.

 

Handeroom

Maak 'n handeroom van gelyke hoeveelhede tamatiesap, suurlemoensap en gliserien. Masseer dit liggies in die hande in vir 'n sysagte voorkoms.

 

Tuinmaakwenke:

 

Insekte

Druk 'n paar vuurhoutjies in die grond van 'n potplant laat die vuurhoutjiekoppies uitsteek. Maak die plant nat met water die swael wat afgegee word, hou insekte weg.

 

Plantvoeding

Grawe 'n klein gaatjie in die grond om jou plante, breek 'n eier in die gat en gooi dit weer toe dit dien as voeding vir jou plante.

Jy kan ook die eierdoppe fynmaal en in die plantgrond meng die kalk dien ook as voeding vir die plante. Droog tamatiepitte op koerantpapier uit en begrawe dit in die grond die tamatiepitte dien as voeding en die koerantpapier sorg dat die tamatiepitte versprei.

 

Kliek op hierdie foto om die video te speel

Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development